Dane van Niekerk (14 Mei 1993, Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse voormalige krieketspeelster. Sy het skoolgegaan by Hoërskool Centurion. As 'n bybreekdraaibouler het sy in een toets-, 107 EDI- en 86 T20I-wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Sy was van 2016 en 2021 die vrouespankaptein in al drie vorms (toets, EDI en T20I). Sy was die eerste bouler van Suid-Afrika om 100 EDI-paaltjies te neem. Sy het op 16 Maart 2023 haar uittrede uit internasionale krieket aangekondig. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2009, 2013 en 2017, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020 en 2026 vir Suid-Afrika gespeel.

Vroeë lewe en loopbaan Van Niekerk het plaaslik vir Highveld Vroue en Noordelikes Vroue gespeel voordat sy een van die eerste twee Suid-Afrikaanse vroue word (saam met Marizanne Kapp) om ingesluit te word in die Oostelike Provinsie krieketspanakademie (mansspan). Sy is gekies as deel van die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan vir die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 in Australië. Sy het ook tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 gespeel, sowel as Suid-Afrika verteenwoordig tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2009, 2010, 2012, 2014 en 2016.

Persoonlike lewe In Julie 2018 is Van Niekerk saam haar spanmaat Marizanne Kapp getroud.

Verwysings

Eksterne skakels

Dane van Niekerk by ESPNcricinfo

Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers