Mignon du Preez (* 13 Junie 1989, Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse voormalige krieketspeler wat die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan se kaptein was in al drie die krieketvorme: toets-, EDI- en T20I-krieket van 2011 tot 2016. As 'n regterhandse kolwer en aflos-paaltjiewagter het du Preez in Januarie 2007 op die ouderdom van 17 haar debuut vir Proteas gemaak. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2009, 2013, 2017 en 2022, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018 en 2020 vir Suid-Afrika gespeel.
Benewens die feit dat sy die Suid-Afrikaanse speler met die meeste wedstryde as kaptein was in beide EDI- en T20I-krieket, was sy ook die voorste lopiemaker vir die Suid-Afrikaanse vroue in Twintig20 en die naashoogste in EDI.
Op 21 Februarie 2016 het sy die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om 1 000 T20I-loopbaanlopies aan te teken, tydens 'n wedstryd teen Engeland. Op 21 Junie 2016 het sy besluit om die Suid-Afrikaanse vrouekapteinskap op te sê, nadat sy die span vir byna vyf jaar (van 2011 af) gelei het in een toets, 46 EDI- en 50 T20I-wedstryde.
Studie Sy studeer vir 'n graad in bemarking by die Universiteit van Pretoria.
Verwysings
Eksterne skakels
Mignon du Preez by Cricket Archive Mignon du Preez by ESPNcricinfo Mignon du Preez – vir ewig Kaptein Fantasties – profiel op Wisden India
Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense