Marizanne Kapp (gebore 4 Januarie 1990) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler wat 146 EDI- en 113 T20I- wedstryde vir die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan gespeel het sedert haar debuut in 2009. Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2009, 2013, 2017, 2022 en 2025, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2009, 2020, 2023, 2024 en 2026 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehaal, maar met 19 lopies teen Australië vasgeval. Een jaar later het die vrouespan in hulle tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekereindstryd verskyn, maar dié keer met 32 lopies teen Nieu-Seeland verloor. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die Suid-Afrikaners weer baanbrekers en het vir die eerste keer na ’n krieketwêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – deurgedring, waar hulle egter met 52 lopies deur die medegasvroue Indië geklop is.

Persoonlike lewe In Julie 2018 is Kapp saam haar spanmaat Dane van Niekerk getroud.

Verwysings

Eksterne skakels

Marizanne Kapp by ESPNcricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouekrieketspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense