Die Nakajima Ki-27 is 'n enkelsitplek, enkelmotorige vegvliegtuig wat deur die Keiserlike Japannese Leër gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig was ontwikkel vanaf 'n privaat metaalvliegtuigontwerp, genaamd die PE, deur Nakajima in 1935. Toe die Japannese Leër 'n tender uitreik vir 'n gevorderde vegvliegtuig het Nakajima die PE se ontwerp verander en as die Ki-27 ingedien. Die prototipe het sy nooiensvlug in Oktober 1936 voltooi. Die vliegtuig was in diens gestel deur die Japannese Leër na vergelykende toetse met ander prototipes. Dit was die Japannese Leër se eerste monovlerk vegvliegtuig alhoewel die wiele nie kon intrek nie. Daar was ook 'n gly ski in stede van 'n stertwiel, geen beskerming vir die vlieënier nie en het ook nie oor selfseëlende brandstoftenks beskik nie. Dit het ook nie oor 'n selfaansitter beskik nie. Al die dinge het wel die vliegtuig lig en beweeglik gemaak. Die Geallieerdes se kodenaam vir die vliegtuig was Nate.

Die vliegtuig was die eerste keer in aksie in China in 1938 en het die lugruim beheer teen die Polikarpof I-16 vliegtuie. Hulle het ook deel geneem aan die invalle in Burma, Maleisië en die Filippyne. Met die uitbreek van die Stille Oseaan-oorlog het die vliegtuig sukses behaal maar is later oordonder deur die nuwe geslag Geallieerde vegvliegtuie. In 1943 was hulle onttrek van die Japannese middelland en gebruik in Mantsjoerye tot aan die einde van die oorlog. Party was gebruik vir opleiding en ander gebruik as Kamikaze vliegtuie.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Nakajima Ki-27a: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerNakajima Ha-1b lugverkoelde stermotor Kraglewering per motor710 perdekrag Vlerkspan11,31 m Lengte7,53 m Hoogte3,25 m Vlerkoppervlakte18,55 m2 Maksimum opstygmassa1 790 kg Maksimum snelheid470 km/h Operasionele hoogte12 250 m Togafstand635 km Klimvermoë 900 m per minuutBewapeningTwee 7 ,7mm masjiengewere in neus

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog