Lood(II)chloried is 'n chemiese verbinding van lood (met oksidasietoestand 2+) met chloor. Dit vorm kleurlose kristalle of 'n wit poeier.

Die stof kan gevorm word deur reaksies soos:

Eienskappe Die stof is taamlik swak oplosbaar in water. Eenkristalle van hierdie stof kan met 'n sonesmelttegniek (Stockberger-Bridgman) gesuiwer en vervaardig word en hulle vertoon ioniese geleibaarheid van die anione. Die vorming van 'n defek (leë anioonholte) het 'n aktiveringsenergie van 1,55 eV en die aktivering van migrasie is 0,38 eV.

Lood(II)chloried word as mineraal aangetref: cotunniet, wat 'n struktuur het waarin die taamlik groot -ioon – wat nog 'n 6s2-elektronpaar besit – 'n negevoudige omringing deur chloor besit.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings