Coleske is ’n voormalige Suid-Afrikaanse musiekgroep wat uit die broers Ewald (1970-) en Arnold (1971-) bestaan het.

Die broers se debuutalbum, Die Coleskes, is in 1989 uitgereik. In 1997 was hulle liedjie Take Me Where the Sun is Shining 'n internasionale treffer gewees. Hulle is in dieselfde jaar ook met 'n Sama vereer.

Daarna stig hulle Coleske Artists en verskuif hul aandag na die produksiekant van musiek. Tans is hulle vir sangers soos Riana Nel, Lianie May en Jay verantwoordelik.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Benewens die bestuur van kunstenaars hanteer dié maatskappy ook produksies soos Afrikaans is Groot en Classics is Groot.

Diskografie Albums 1989: Die Coleskes 1996: Coleske 2000: Faith In Love 2001: Coleske – Sings Simon & Garfunkel

Enkelspelers 1997: Take Me Where The Sun Is Shining 1997: "My Only"

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe