Phillip David Charles „Phil“ Collins (gebore 30 Januarie 1951) is ’n Britse rocksanger en musiekvervaardiger. Hy was die tromspeler van die rockgroep Genesis en het die hoofsanger geword nadat Peter Gabriel die groep verlaat het. As lid van Genesis was hy 'n suksesvolle solosanger, en so ook nadat hy die groep verlaat het. Onder sy treffers tel "In the Air Tonight", "You Can’t Hurry Love" en "Easy Lover".HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Collins se bekendste album is No Jacket Required, waarvan meer as tien miljoen eksemplare in die Verenigde State verkoop is. Daar is lank bespiegel dat die liedjie "In the Air Tonight" oor 'n verdrinking wat hy meegemaak het handel. Collins het ook in die fliek Buster (1988) gespeel.

Vir sy liedjie "You'll Be in My Heart" is hy met 'n Oscar en 'n Golden Globe bekroon. Die liedjie is in die fliek Tarzan (1999) gebruik.

Lewensloop Philip David Charles Collins is op 30 Januarie 1951 in Chiswick in Hounslow, Middlesex gebore. Hy was drie keer getroud, maar al sy huwelike het op egskeidings uitgeloop.

In 1975 trou hy met die Kanadese aktrise Andrea Bertorelli. Hulle het mekaar tydens 'n dramaklas in Londen ontmoet. Hulle seun, Simon Collins, is in 1976 gebore en het ook later 'n sanger en tromspeler geword. Collins was so ook die stiefpa van Bertorelli se dogter, Joely, wat 'n Kanadese aktrise is.

Collins ontmoet sy tweede vrou, Jill Tavelman, in 1980. Hulle was van 1984 tot 1996 getroud en het een dogter, Lily Collins, wat in 1989 gebore is.

Collins trou in 1999 met sy derde vrou, Orianne Cevey. Hulle het twee seuns, Nicholas en Matthew. Hulle het 'n huis in Begnins, Switserland met 'n uitsig op die meer van Genève gekoop. Op 16 Maart 2006 kondig hulle hul egskeiding aan, en is op 17 Augustus 2008 amptelik geskei.

Diskografie Solo-albums Face Value (1981)"Collins, Phil 1951–." Contemporary Theatre, Film and Television. 2005. Encyclopedia.com. 26 Dec. 2014 <http://www.encyclopedia.com>. Hello, I Must Be Going! (1982) No Jacket Required (1985) ...But Seriously (1989) Both Sides (1993) Dance into the Light (1996) Testify (2002) Going Back (2010)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Genesis se webtuiste

Kategorie:Engelse sangers Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense