Alpha Herculis (α Herculis, afgekort as Alpha Her of α Her), is ’n veelvoudige ster sowat 360 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Hercules. Wanneer deur ’n teleskoop daarna gekyk word, kan die verskeie komponente onderskei word – die helderste een het die naam Rasalgethi.
Eienskappe Alpha Herculis A en B (α¹ en α²) is meer as 500 AE (astronomiese eenhede) van mekaar af, met ’n geraamde wentelperiode van sowat 3 600 jaar. α¹ is ’n ralatief swaar, helder rooireus. α² is self ’n dubbelster: ’n geelreus (Ba, die primêre komponent) en ’n geelwitdwerg (Bb). Hulle wentel elke 51,578 dae om mekaar.
α¹ Herculis is ’n ART-ster met ’n waterstof- sowel as heliumskil om ’n gedegenereerde koolstof-suurstof-kern. Dit is op ’n geraamde afstand van 360 ligjare van die Son af, volgens Hipparcos, en het ’n radius van sowat 280 miljoen km, wat rofweg , of 1,87 AE, is. As Rasalgethi in die middel van die Sonnestelsel was, sou sy radius verder gestrek het as die wentelbaan van Mars teen 1,5 AE, maar nie heeltemal so ver as die Asteroïdegordel nie. Nes die meeste rooireuse aan die einde van hul bestaan verloor Rasalgethi baie massa en dit vorm ’n dun gasomhulsel wat minstens 90 AE ver strek.
Verwysings
Eksterne skakels An Atlas of the Universe: Multiple Star Orbits Upside down Hercules showing Rasalgethi as the head: Hercules
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Hercules (sterrebeeld) Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veelvoudige sterre Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:A-tipe hoofreekssterre Kategorie:G-tipe reusesterre Kategorie:M-tipe helder reuse