Skat (ook bekend as Delta Aquarii of δ Aqr) is die derde helderste ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius) en het ’n skynbare magnitude van 3,3. Dit kan dus met die blote oog gesien word. Dit is sowat 160 ligjare van die Son af geleë.

Eienskappe Skat het ’n sterreklassifikasie van A3 V, en dus ’n massa van sowat twee keer en ’n radius van 2,4 keer dié van die Son. Die helderheid van sy buitenste atmosfeer af is 26 keer die Son s’n, met ’n effektiewe temperatuur van sowat 9 000 K. Dit gee dit die kenmerkende wit skynsel van ’n A-tipe ster. Dit draai teen ’n relatiewe hoë snelheid: sowat 81 km/s−1.

Skat is versigtig waargeneem om te sien of dit ’n metgesel het, maar niks is gevind nie. Dit het ook nie ’n sterk infrarooistraling wat kan dui op die teenwoordigheid van materiaal wat om die ster sirkel nie. Die ster is moontlik lid van die Groot Beer- bewegende groep, wat ’n geraamde ouderdom van 500 miljoen jaar het.

Verwysings

Eksterne skakels Image Delta Aquarii Aladin image viewer

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename‎ Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:A-tipe hoofreekssterre