Albali (ook bekend as Epsilon Aquarii of ε Aqr) is ’n ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius). Met ’n skynbare magnitude van 3,77 is dit met die blote oog sigbaar. Dit is sowat 208 ligjare van die Son af geleë.
Albali het ’n sterreklassifikasie van A1 V en is dus 'n A-tipe hoofreeksster.
Name Die ster se Bayer-naam is "Epsilon Aquarii" en sy Flamsteed-naam "2 Aquarii". Die tradisionele naam, "Albali", kom van die Arabiese البالع albāli‘, "die slukker". Die ster was saam met Mu en Nu Aquarii bekend as al Bulaʽ (البلع), "die slukker".
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Albali" vir die ster goedgekeur.
Verwysings
Eksterne skakels Aladin image viewer
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:A-tipe hoofreekssterre