Mu Aquarii (afgekort as μ Aqr) is ’n dubbelster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius). Dit deel die tradisionele naam Albulaan met Nu Aquarii. Dit kom van die Arabiese term al-bulacān (ألبولعان), "die twee slukkers". Die ster was saam met ε Aqr (Albali) en ν Aqr (Albulaan) bekend as al Bulaʽ (البلع), die Slukker.

Eienskappe Die dubbelster is sowat 157 ligjare van die Son af geleë en met ’n skynbare magnitude van 4,7 is dit met die blote oog sigbaar.

Mu Aquarii is ’n spektroskopiese dubbelster met ’n wenteltydperk van 1 566 dae en ’n eksentrisiteit van 0,23. Die gesamentlike spektrum stem ooreen met ’n sterreklassifikasie van A3m – die agtervoegsel "m" dui aan dit het versterkte metaaleienskappe.

Verwysings

Eksterne skakels Foto van Mu Aquarii

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:A-tipe sterre