Die bloubaardbekkieook:Bloubekkie, Bloukappertjie, Blouselblommetjie, Ferweeltjie, Fluweeltjie (SANBI) (Nemesia barbata) is 'n plantjie wat endemies is aan die provinsies Noord- en Wes-Kaap van Suid-Afrika van Kamiesberg tot Riversdale. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.
Hierdie kruidagtige plant word tot 30 cm hoog. Die teenoorstandige blare het getande rande. Sy leeubekblomme is wit en blou. Dit kom op renosterveldvlaktes en teen hellings voor. Renosterveld word nou net in klein geïsoleerde fragmente aangetref en hierdie spesie is kenmerkend daaraan. Die genetiese verskeidenheid van die spesie is taamlik groot. Dit word nogtans nie deur die fragmentasie negatief beïnvloed nie.Low impact of fragmentation on genetic variation within and between remnant populations of the typical renosterveld species Nemesia barbata in South Africa Biochemical Systematics and Ecology, 54, 2014 bls. 59-64
Infraspesies Die spesie het twee infraspesies: Nemesia barbata var. barbata Nemesia barbata var. minor Schinz
Verwysings
barbata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika