Die beeskarooook: berggansie, beeskaroobossie of beesbossie. Daar is nogtans ander plante wat ook beesbossie genoem word. (Pentzia punctata Harv.) is 'n plant endemies aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die suidelike Nama-Karoo in die provinsies Noord-, Oos- en Wes-Kaap voor en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.

Die plant is 'n veelvertakte spreidende struikie. Die blare word op 'n stingel gedra; hulle is donserig of onbehaard en het 2-3 pare pinnae.Flora Capensis: Being a Systematic Description of the Plants of the Cape Colony, Caffraria, & Port Natal, Volume 3 Hodges, Smith, and Company, 1865, bls. 172

Navorsing op die Tafelberg naby Middelburg, Oos-Kaap () het aangetoon dat die oop geel blommetjies van hierdie spesie die volopste besoek van bestuiwende insekte ontvang het. Hierdie streek lê in die somerreënvalgebied op 1150 tot 1649 m hoogte en ontvang ongeveer 341 mm reën per jaar. P. punctata is die volopste blom op die mesa se noordoostelike helling (80% van die waarnemings) en dit word deur 'n groot verskeidenheid insekte besoek.Elevation gradients of flower visitation on a mesa in the Nama Karoo, South Africa Egyptian Journal of Biology, 11, 2009, bls. 84-90

Die plant staan ook as die berggansie bekend.http://redlist.sanbi.org/species.php?species=3288-40

Verwysings

Eksterne skakels

punctata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika