Peter Clarke (1929–2014) was ’n selfgeskoolde Suid-Afrikaane kunstenaar, skrywer en digter. Hy is veral bekend vir sy grafiese werk, meestal landskappe van die Kaapse Vlakte en Tesselaarsdal. Hy het sterk sosiale kommentaar op die Apartheidstelsel gelewer, soos dit veral bruin mense geraak het. Sy werk is met verskeie internasionale toekennings bekroon.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop Clarke is op 2 Junie 1929 in Simonstad gebore. In 1972 is hulle onder die Groepsgebiedewet gedwing om na Ocean View te trek. Hy verlaat die hoërskool in 1944, waarna hy tot 1956 op die dokke werk. Daarna neem hy 'n drie maande lange vakansie na Tesselaarsdal, 'n klein boerderye-dorpie naby Caledon in die Suidwes-Kaap, waar hy sy artistieke loopbaan begin.
Hy hou sy eerste solo-uitstalling in 1957. Sy lewenslange vriend, die digter James Matthews, het hom hiermee help. Uiteindelik sou hy meer as 70 solo-uitstallings in Suid-Afrika, Nigerië, Kenia, Australië, VSA, Noorweë, Israel, Oostenryk en die Verenigde Koninkryk hou. Hy het ook talle groepskoue in Suid-Afrika en lande soos Joego-Slawië, Duitsland, Brasilië, Italië, Argentinië, Botswana, Japan, Switserland en Frankryk besoek.
Hy het in totaal ses internasionale sowel as ses nasionale toekennings vir sy kuns en skryfwerk ontvang.Profiel op S.A. History , besoek op 9 Julie 2017 In 2005 is die Orde van Ikhamanga (silwer) deur pres. Thabo Mbeki aan hom toegeken.
Clarke is op 13 April 2014 in Ocean View oorlede. Hy was 84 jaar oud.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse kunstenaars Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2014