Bear's Den is 'n Britse folk-rockgroep uit Londen. Die groep is in 2012 gestig en bestaan uit Andrew Davie en Kevin Jones. Joey Haynes het die groep vroeg in 2016 verlaat. Vir hul 2016/2017-toer in Europa en Noord-Amerika word Joey Haynes vervang deur die Nederlandse kunstenaar Christof van der Ven, nie as 'n amptelike lid nie, maar as sessiemusikant.

Bear's Den het twee ateljee-albums vrygestel: Islands in 2014, en hul tweede ateljee-album Red Earth & Pouring Rain in 2016. Islands het op nommer nege-en-negentig op die Britse albums-parade bereik. Die groep het ook twee EP's: Agape (2013) en Without/Within (2013) uitgereik.

Die groep is genomineer vir verskeie musiektoekennings gedurende hul loopbaan. Die liedjie Above the Clouds of Pompeii is in 2015 genomineer vir die Ivor Novello-prys. Die groep het twee nominasies by die UK Americana Awards in 2016 ontvang, kunstenaar van die jaar en liedjie van die jaar vir Agape.

Diskografie Islands (2014) Red Earth & Pouring Rain (2016) So that you might hear me (2019) Fragments (2020)

Verwysings

Kategorie:Engelse musiekgroepe