Die perdefroetang (Romulea rosea (L.) Eckl.) is 'n plantjie wat endemies aan die Suid-Afrikaanse provinsies Wes-Kaap en Oos-Kaap is. Dit is 'n geofiet. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

SANBI onderskei vyf subspesies: Romulea rosea (L.) Eckl. var. australis (Ewart) M.P.de Vos Romulea rosea (L.) Eckl. var. communis M.P.de Vos Romulea rosea (L.) Eckl. var. elegans (Klatt) Bég. Romulea rosea (L.) Eckl. var. muirii (N.E.Br.) J.C.Manning & Goldblatt Romulea rosea (L.) Eckl. var. rosea

Hierdie plantjie is een van die froetangs of knikkertjies van die genus Romulea. Dit het 3-6 baie smal blare wat taamlik dig en tot 15 cm lank is. Die blomme is pienk tot pers en stingelloos. Hulle het 'n geel hart. Dit kom in fynbos en renosterveld voor teen sanderige kleihellings en -vlaktes. Die vrugte is eetbaar.

Fotogalery

Verwysings

rosea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika