Die papegaaibek-padloper (Homopus areolatus) is een van die kleinste skilpadjies. Dit kom in renosterveld in Suid-Afrika voor.
Wyfies is gewoonlik effens groter as die mannetjies en hulle kleure is helderder. Die mannetjies het 'n skerp papegaai-agtige bek waarmee hulle veg. Hulle kan mekaar taamlik verwond.
Die wyfies kan tot 300 g swaar word, die mannetjies net die helfte. Hulle broeisels word in die winter tot laat somer gelê en bestaan uit 1-4 eiers wat in 90-300 dae kan uitbroei. Kraaie en honde is hul grootste vyande.
Verwysing
Kategorie:Skilpaaie