Kappa Aquarii (afgekort as κ Aqr) is ’n dubbelster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius). Met ’n skynbare magnitude van 5,03 is dit dofweg met die blote oog sigbaar.
Die twee komponente word Kappa Aquarii A (amptelik bekend as Situla, die stelsel se tradisionele naam) en B genoem.
Eienskappe Die dubbelster is sowat 214 ligjare van die Son af geleë. Die helderste komponent is ’n reusester met ’n sterreklassifikasie van K2 III. Die voorraad waterstof is opgebrand en die ster het gegroei tot 13 keer so groot soos die Son. Die ligsterkte vanaf sy buitenste skil is 60 keer dié van die Son, teen ’n effektiewe temperatuur van 4 581 K. Dit gee die ster die oranje skynsel van ’n K-tipe ster.
Die dowwer metgesel is sowat 98,3 boogsekondes weg en het ’n skynbare magnitude van 8,8.
Name Die ster se Bayer-naam is "Kappa Aquarii" en sy Flamsteed-naam "63 Aquarii". Die tradisionele naam, "Situla" is ’n Latynse woord wat "emmer" of "waterkruik" beteken.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die amptelike naam "Situla" vir die ster Kappa Aquarii A goedgekeur omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.
Verwysings
Eksterne skakels Foto van κ Aquarii
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:K-tipe reusesterre