Nu Aquarii (afgekort as ν Aqr) is ’n ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius). Dit deel die tradisionele naam Albulaan met Mu Aquarii. Dit kom van die Arabiese term al-bulacān (ألبولعان), "die twee slukkers". Die ster was saam met ε Aqr (Albali) en μ Aqr (Albulaan) bekend as al Bulaʽ (البلع), die Slukker.

Eienskappe Die ster is sowat 159 ligjare van die Son af geleë en met ’n skynbare magnitude van 4,52 is dit met die blote oog sigbaar.

Teen ’n geraamde ouderdom van 708 miljoen jaar het dit ontwikkel tot ’n reusester met ’n sterreklassifikasie van G8 III. Sy massa is twee keer dié van die Son en sy radius agt keer die Son s'n. Die ligsterkte vanaf sy buitenste atmosfeer is 37 keer dié van die Son, met ’n effektiewe temperatuur van 4 920 K. Dit gee die ster die geel skynsel van ’n G-tipe ster.

Verwysings

Eksterne skakels Foto van Nu Aquarii

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:G-tipe reusesterre