Gamma Aquarii (afgekort as γ Aqr), tradisioneel bekend as Sadachbia, is ’n dubbelster in die sterrebeeld Waterdraer. Dit is sowat 164 ligjare van die Son af geleë en het ’n skynbare magnitude van 3,849, wat dit een van die helderste sterre in die sterrebeeld maak.
Eienskappe Gamma Aquarii is die primêre of A-komponent van ’n dubbelster met die naam WDS J22217-0123. Die sekondêre of B-komponent is UCAC2 31430071. Gamma Aquarii A se twee komponente is dus bekend as WDS J22217-0123 Aa en Ab.
Gamma Aquarii A lyk soos ’n A-tipe ster met 'n klassifikasie van A0 V en ’n massa van sowat twee en ’n half keer dié van die Son. Vizier catalog entry
Dit tol relatief vinnig, teen sowat . Die buitenste atmosfeer straal energie uit teen ’n effektiewe temperatuur van 10 500 K, wat byna twee keer die temperatuur van die Son se oppervlak is. Dit gee Gamma Aquarii die tipiese wit kleur van ’n A-tipe ster.
Name Die ster se Bayer-naam is "Gamma Aquarii" en sy Flamsteed-naam "48 Aquarii". WDS J22217-0123 A is sy naam in die Washington Double Star Catalog. Die tradisionele naam, "Sadachbia", kom van die Arabiese uitdrukking سعد الأخبية sa‘d al-’axbiyah, "geluk van die huise (tente)".
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sadachbia" vir die komponent WDS J22217-0123 Aa goedgekeur omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.
Verwysings
Eksterne skakels Gamma Aquarii by AladinPreview
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:A-tipe hoofreekssterre