Sadalmelik (ook genoem Alpha Aquarii of α Aqr) is volgens data van die Hipparcos-sending sowat 520 ligjare van die Son af geleë. Dit is die tweede helderste ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius) en het ’n skynbare magnitude van 2,94.
Eienskappe Die ster is 53 miljoen jaar oud en het ontwikkel in ’n superreus met ’n sterreklassifikasie van G2 Ib. Sy massa is 6,5 keer dié van die Son, sy radius sowat 77 keer en sy ligsterkte 3 000 keer die Son s’n. Sy oppervlaktemperatuur is sowat 5 210 K. Dit is wat Sadalmelik die geel skynsel van ’n G-tipe ster gee. Waarnemings deur die Chandra-X-straalsterrewag toon dit straal min X-strale uit in vergelyking met G-tipe hoofreekssterre. Dit is ’n algemene kenmerk van vroeë G-tipe reusesterre.
Sadalmelik het ’n visuele metgesel, 2MASS J22055176-0017468, met ’n skynbare magnitude van sowat 12,2. Dit lê teen ’n hoekskeiding van 110,4 boogsekondes van Sadalmelik, teen ’n posisiehoek van 40°.
Naam Die ster se Bayer-naam is "Alpha Aquarii". Die tradisionele naam, "Sadalmelik", kom van die Arabiese uitdrukking سعد الملك sa‘d al-malik, "geluk van die koning". Die oorsprong van die naam is onbekend.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sadalmelik" vir die ster goedgekeur.
Verwysings
Eksterne skakels Alpha Aquarii Aladin image viewer
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Waterdraer (sterrebeeld) Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:G-tipe superreuse