Die Macchi C.202 was 'n Italiaanse vegvliegtuig wat deur die Italiaanse Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit word deur die meeste geskiedskrywers as die beste Italiaanse vegvliegtuig van die Tweede Wêreldoorlog beskou. Die vliegtuig is die Folgore genoem; dit beteken weerligstraal. Hierdie vliegtuig is ontwikkel uit die Macchi C.200 en weens die onbeskikbaarheid van kragtige motors, is die Daimler-Benz DB 601 vloeistofverkoelde enjin uit Duitsland ingevoer in 1940. Die Macchi C.202 het begin vlieg in Augustus 1940 en die resultate was bevredigend; dit was 97 km/h vinniger as die Macchi C.200.
In November 1941 was die vliegtuig in Libië teen die Britse Lugmag ontplooi waar dit die Curtiss P-40 Warhawk en die Hawker Hurricane oortref het. Op sy beurt is hy slegs oortref deur die Spitfire en die P-51 Mustang.
Toe die voorraad Daimlermotors opgebruik is, het hulle dieselfde motors gebruik wat onder lisensie deur Alfa Romeo gebou is. Teen 1942 was die Macchi C.202 die volopste vliegtuig in die Italiaanse Lugmag. Daar is ongeveer 12 000 van hulle gebou. Die Luftwaffe het 'n klein aantal van die vliegtuie gebruik.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Macchi C.202: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Alfa Romeo RA 1000 RC 41-1 omgekeerde V12 motor Kraglewering per motor 1 175 perdekrag Vlerkspan 10,58 m Lengte 8,85 m Hoogte 3,04 m Vlerkoppervlakte 16,8 m2 Maks. opstygmassa 3 010 kg Maks. snelheid 595 km/h Operasionele hoogte 11 500 m Togafstand 765 km Klimvermoë 3 000 m in 2 minute en 28 sekondes Bewapening Twee 12,7 mm masjiengewere in motor omhulsel
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog