Metallica is 'n Amerikaanse heavy metal-groep wat in San Rafael, Kalifornië gebaseer is. Die groep was deur Lars Ulrich en James Hetfield in 1981 gevorm, nadat Ulrich 'n advertensie in 'n koerant geplaas het. Hulle begin kort daarna in Los Angeles aandag trek en stel hul eerste demo, No Life ‘Til Leather, vry. In Desember 1981 neem hulle die liedjie Hit the Lights op, en dié liedjie verskyn op die Metal Massacre van Februarie 1982. Kort daarna werf hulle vir Ron McGovney en Dave Mustaine as groepslede. Hul eerste regsteekse vertoning met die nuwe lede was op 14 Maart 1982 by die Radio City Music Hall in Anaheim. Hulle stel hul debuutalbum Kill 'em All in 1983 vry.
Diskografie Ateljeealbums Kill 'Em All (1983) Ride the Lightning (1984) Master of Puppets (1986) ...And Justice for All (album) (1988) Metallica (1991) Load (1996) Reload (1997) St. Anger (2003) Death Magnetic (2008) Hardwired... to Self-Destruct (2016) 72 Seasons (2023)
Verwysings
Eksterne skakels Metallica - Nothing Else Matters Live at Rock am Ring 2014 METALLICA - Now That We're Dead - Live from Philadelphia, U.S.A - May 12th 2017 Metallica: For Whom the Bell Tolls (MetOnTour - Columbus, OH - 2017)
Kategorie:Amerikaanse musiekgroepe