Die Fiat CR.42 (Falco) is 'n Italiaanse dubbeldekkervliegtuig wat diens gedoen het in die Tweede Wêreldoorlog. Dit was egter reeds verouderd toe dit in diens gestel is. Die Italiaanse Lugvaartministerie het geglo dat daar nog ruimte was vir dubbeldekkervegters. Hulle was beïndruk met die vorige Fiat CR.32 se prestasie in die Spaanse Burgeroorlog en het aangedring op 'n verbeterde vliegtuig. Op daardie stadium was die standaardvegter van metaal, monovlerk en met geslote kajuite.

Die Fiat CR.42 is aan die Italiaanse Lugmag afgelewer, asook aan Swede, België en Hongarye. Toe Italië by die oorlog aansluit, het hulle hul bomwerpers oor Frankryk ontplooi. Maar op 11 November 1940 het Britse Hawker Hurricane's egter die vliegtuie aan flarde geskiet.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Fiat CR.42: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Fiat A.74 R1C 14-silinder stermotor Kraglewering per motor 840 perdekrag Vlerkspan 9,7 m Lengte 8,27 m Hoogte 3,59 m Vlerkoppervlakte 22,4 m2 Maks. opstygmassa 2 298 kg Maks. snelheid 430 km/h Operasionele hoogte 10 200 m Togafstand 775 km Klimvermoë 6 000 m in 8 minute en 40 sekondes Bewapening Twee 12,7 mm masjiengewere

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog