Die Fiat G.50 (Freccia) was 'n Italiaanse vegvliegtuig wat deur Regia Aeronautica gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was hulle eerste monovlerk, enkelsitplek, metaalromp vegvliegtuig met 'n terugtrekbare onderstel. Die eerste modelle was in die Spaanse Burgeroorlog getoets. Die vlieëniers het nie gehou van die greenhouse kajuit nie en die volgende 200 modelle was gebou met oop kajuite. Daar was ongeveer 120 van die vliegtuie in diens van die Italiaanse lugmag toe die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het. Sommige van die vliegtuie is gebruik vir aanvalle op Frankryk en ander vir aanvalle op Groot-Brittanje in 1940. Later is van hulle gebruik in die Griekse en Noord-Afrika veldtogte.
In 1939 het Finland 35 van die vliegtuie gekoop en dit gebruik in die Winteroorlog.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Fiat G.50: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Fiat A.74 RC38 14-silinder stermotor Kraglewering per motor 870 perdekrag Vlerkspan 10,96 m Lengte 7,79 m Hoogte 2,96 m Vlerkoppervlakte 18,15 m2 Maks. opstygmassa 2 415 kg Maks. snelheid 472 km/h Operasionele hoogte 9 835 m Togafstand 670 km Klimvermoë 6 000 m in 7 minute en 30 sekondes Bewapening Twee 12,7 mm masjiengewere
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog