Die Fairey Firefly was 'n veg- en verkenningsvliegtuig wat deur die Britse Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog op hulle vliegdekskepe. Dit was 'n tweesitplek, eenmotorige monovlerkvliegtuig. Dit het die Fairey Fulmar vervang. Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 22 Desember 1941 voltooi.

Verbeterings

Die vliegtuig se vlerke kon terugvou sodat dit in die loods van 'n vliegdekskip kon pas. Die Mk1, toegerus met 'n Griffon-motor, was ongeveer 64km/g vinniger as die Fulmar met 'n Merlin-motor; tog was dit nog te stadig vir die gemiddelde vegvliegtuig van die tyd.

Die Firefly was beter bewapen as die Fulmar; dit het oor vier 20 mm kanonne beskik teenoor die Fulmar se agt masjiengewere. 'n Voordeel van die Firefly is dat dit goeie hanteringseienskappe teen lae snelhede het, 'n absolute vereiste vir 'n vliegdekgebaseerde vliegtuig.

Nagvegter Daar is vroeg reeds in die produksie ook 'n nagvegterweergawe van die Fairey Firefly ontwikkel. Dit is toegerus met klein onderskepradars in die vlerke. Die ekstra toerusting aanboord het egter die vliegtuig se gravitasiepunt beïnvloed en die nagvegter se romp is verleng met 47,7 cm. Die model het bekend gestaan as die N.F2. Die N.F2 was in klein getalle gebou omrede daar later beter radartoerusting beskikbaar was wat in die bestaande vliegtuig gepas het. Later is radar as 'n standaard op alle Firefly's geinstalleer. Die nagvegters is ook met spesiale gloedonderdrukkers op die uitlaatpype toegerus om die gloed te verskans.

Die Firefly is nie werklik 'n klassieke vegvliegtuig nie, maar het uitgemunt in die rol as 'n aanvals- en verkenningsvliegtuig. Die Firefly het sy eerste luggevegoorwinning behaal op 2 Januarie 1945 toe 'n vegter van 1770 Eskader 'n Japannese Oscar-vliegtuig afgeskiet het. Dit het naby 'n olieraffinadery in Sumatra gebeur.

In die weke na Japan oorgegee het is die Firefly gebruik om voorrade aan die krygsgevangenes te verskaf op die hoofeiland. Firefly's van die Britse Vloot het aan die Korea-oorlog deelgeneem asook in 1954 in Maleisië.

Tegniese besonderhede

+ Besonderhede van die Fairey Firefly F.1: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Rolls-Royce Griffon XII Kraglewering per motor 1 990 perdekrag Vlerkspan13,56 m Lengte11,46 m Hoogte4,14 m Vlerkoppervlakte 30,48 m2 Normale opstygmassa6 360 kg Maksimumsnelheid509 km/h Operasionele hoogte8 534 m Togafstand2 092 kmBewapeningVier 20 mm kanonne in vlerke

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog