Die Fiat CR.32 was 'n Italiaanse dubbeldekker vliegtuig was diens gedoen het in die Spaanse Burgeroorlog en die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig het sy nooiensvlug voltooi op 28 April 1933. Hy was 'n leier in sy klas toe dit bekend gestel is, en is volledig uit metaal vervaardig. Die vliegtuig was baie rats en beweegbaar en het homself tydens die Spaanse Burgeroorlog bewys deur die Polikarpof I-15 en I-16 monovlerkvliegtuie te oorskadu. Die vliegtuie is deur die Spaanse Nasionaliste gebruik. Spanje het van die vliegtuie onder lisensie vervaardig en dit die Hispano Chirri genoem.
Fiat CR.32 is ook uitgevoer na China, Hongarye en sommige Suid-Amerikaanse lande. Teen laat 1904 was dit nog steeds in gebruik by Italië se Regia Aeronautica. Hulle was egter toe reeds verouderd, maar nog steeds gebruik teen Britse soldate in Libië. Van die Spaansvervaardigde vliegtuie is tot in 1953 vir opleiding gebruik.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Fiat CR.32: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Fiat A.30 V-12 inlyn, waterverkoel Kraglewering per motor 600 perdekrag Vlerkspan 9,5 m Lengte 7,45 m Hoogte 2,63 m Vlerkoppervlakte 22,1 m2 Maks. opstygmassa 1 850 kg Maks. snelheid 375 km/h Operasionele hoogte 8 800 m Togafstand 680 km Klimvermoë 907 m per minuut Bewapening Twee 7,7 mm masjiengewere
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog