Andrus Ansip is 'n Estiese politikus. Hy is sedert 2014 lid van die Kommissie Juncker, die Europese Kommissie van 2014–2019 en was die eerste minister van Estland tot 2014.

In die Europese Kommissie is hy een van die adjunkpresidente. Sy taak behels die Digitale Enkele Mark. Estland het 'n goeie naam op die gebied van digitale aanwendings en word beskou as 'n leier binne die EU. Die Estiese regering het dit tot die hooftema van sy voorsitterskap van die Europese Raad gemaak. Estland het hierdie voorsitterskap in die tweede helfte van 2017. Anslip het nogtans gesê dat die Estiese ervarings nie altyd in die res van Europa aangewend kan word nie en dat daar op die Europese vlak meer aan digitale veiligheid gedoen moet word. Byvoorbeeld die EU-liggaam wat se taak dit is (CERT-EU) het in 2017 net 30 mense in diens.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Estiese burgemeesters Kategorie:Eerste Ministers van Estland Kategorie:Europese Kommissarisse van Estland Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Lewende mense