Heart is 'n Amerikaanse rockgroep wat eers in Kanada en later in die VSA en wêreldwyd sukses behaal het. Die groep is aanvanklik in 1963 deur Steve Fossen en die broers Roger Fisher en Mike Fisher begin. Hulle het die groep eers Army genoem, later White Heart en in die vroeë 70's die naam Heart aangeneem. Ann Wilson sluit in 1970 by die groep aan, en haar suster, Nancy Wilson in 1974. Hul debuutalbum Dreamboat Annie word in 1975 in Kanada vrygestel en bereik ongeveer 30 000 verkope. Kort daarna word dié album in die VSA vrygestel en bereik platinumstatus. In 1977 stel hulle die album Little Queen vry en behaal groot sukses met die liedjie Barracuda vanaf dié album, met meer as 'n miljoen verkope as enkelsnit.

Ateljeealbums Dreamboat Annie (1975) Magazine (1977) Little Queen (1977) Dog and Butterfly (1978) Bébé le Strange (1980) Private Audition (1982) Passionworks (1983) Heart (1985) Bad Animals (1987) Brigade (1990) Desire Walks On (1993) Heart Presents a Lovemongers' Christmas (2001) Jupiters Darling (2004) Red Velvet Car (2010) Fanatic (2012) Beautiful Broken (2016)

Eksterne skakels Heart - Barracuda (1977) Heart - What About Love? Heart - These Dreams (Live In Seattle)

Verwysings

Kategorie:Kanadese musiekgroepe