duimnael|300px|Die Twaalf Apostels

Die Twaalf Apostels of Gewelberge is deel van die Tafelbergreeks wat oor Kampsbaai uitkyk. Die reeks strek oor 6 km, amper tot by Houtbaai. Dit bestaan eintlik uit agttien pieke en sluit die Sint Petrus-, Sint Paulus-, Sint Lukas- en Judaspiek in. Die gemiddelde hoogte bo seespieël van die Twaalf Apostels is 750 m, vergeleke met Tafelberg se 1 060 m.

Die Twaalf Apostels is 'n gewilde bestemming vir stappers en bergklimmers. Daar is altesame 26 staproetes op die gebergte, waarvan tien gereeld gebruik word. Die gewildste roete is Kasteelspoort.

Verwysings

Bron Rosenthal, Eric, Ensiklopedie van Suidelike Afrika, 1967

Kategorie:Tafelberg