Jo Black (gebore Januarie 1982) is 'n Afrikaanse sanger van Pretoria. Jo het in Pretoria-Noord grootgeword en na skool in die konstruksiebedryf begin werk. Daarna begin hy sy eie inisiatief met die naam Be That Guy / Be That Girl, 'n beweging wat kinders help bou aan 'n positiewe houding, waarna hy sy musiekloopbaan begin.
Sy eerste enkelsnit Skepe word in Desember 2016 op YouTube vrygestel en bereik binne die eerste 5 maande 1 022 000 YouTube trefslae. Sy debuutalbum Skepe is op 31 Maart 2017 vrygestel.
Be That Guy-braai Jo Black het die "'Be That Guy Braai" in Montana, Pretoria begin, "om hoop en inspirasie vir die manne te gee". Die "Be That Guy-braai"-konsep het versprei en word nou op Vrydae-oggende landwyd gehou.
Persoonlike lewe Black ondergaan in September 2018 'n nekoperasie nadat twee van sy nekwerwels gedisintegreer het. Sy stembande was in gedrang en dokters het aanbeveel dat 'n operasie dringend uitgevoer word. Die operasie is op Sondag, 9 September 2018 suksesvol uitgevoer, en al Black se geskeduleerde optredes in September 2018 is gekanselleer.
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Onderhoud met Jo Black op Die Groot Ontbyt, 5 Apr 2017.
Musiekvideo's
Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense