Veldtog Afrikaans is ’n bemarkingsveldtog wat op 26 Mei 2016 van stapel gestuur is as deel van die Dagbreek Trust se aksies. Die veldtog se doel is om die Afrikaanse taal te bevorder en as ’n handelsmerk te vestig. Die veldtog bestaan hoofsaaklik uit ’n mediaveldtog wat gebruik maak van radio-, TV-, en buitelugadvertensies om bewustheid te skep vir die groot aantal Afrikaanssprekendes en mense wat dit geniet om Afrikaans te praat. Die advertensies spoor die publiek aan om na die webtuiste Afrikaans.com te gaan wat vir lesers meer inligting bied oor die veldtog.

Afrikaans.com ’n Webwerf met die naam Afrikaans.com is reeds geskep en is as die kernelement van die veldtog beskryf deur dr. Theuns Eloff, voorsitter van die Dagbreek Trust. Die webwerf dien as 'n hulpbron vir Veldtog Afrikaans en dien as die platform vir kompetisies en ander veldtogte wat die positiewe bemarking van Afrikaans in die oog het.

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse massamedia