Die Dagbreek Trust is 'n trust wat die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur in die oog het. Die trust befonds instellings en veldtogte wat Afrikaans bevorder (sien: Veldtog Afrikaans).
Geskiedenis Die Dagbreek Trust is in 1953 gestig deur aandeelhouers van Dagbreekpers Beperk. Die trust is gestig met die hoofdoel om stemregbeheer oor Dagbreek Pers Beperk te behou. In 1964 het Dagbreek Pers Beperk en Afrikaanse Pers Beperk saamgesmelt om die nuwe persmaatskappy Afrikaanse Pers (1962) Beperk te vorm. Voor die samesmelting het die Afrikaanse Pers Beperk ook 'n trust bestuur naamlik die Afrikaanse Persfonds. Dit is op 11 April 1935 gestig deur Afrikaanse Pers Beperk. Na die samesmelting in 1962 het die Afrikaanse Persfonds ook saamgesmelt met die Dagbreek Trust, maar het egter die naam "Dagbreek Trust" behou en nie voorgegaan as "Afrikaanse Persfonds" nie.
Bedrywighede In 2016 het die trust 'n projek geloods met die naam Veldtog Afrikaans om die Afrikaanse taal te bevorder en as 'n handelsmerk te vestig. So het die webwerf afrikaans.com tot stand gekom.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse massamedia