Die Volkwyn-stoel is 'n variant van die Regency-stoel. Die stoele is van stink- en geelhout, met 'n riempie sitplek en gedetailleerde draaiwerk in die voorpote en die ruglatjies. Omdat daar so baie variasies in die Volkwyn-stoel is, is daar dus nie een spesifieke voorbeeld nie. Dit word ook aangetref in die Oos-Kaap en staan daar bekend as die Grahamstad-stoel. 'n Bekende familie van meubelmakers in die Suid-Kaap, die Volkwyns van Friemersheim, se naam is aan die tipe stoel gekoppel.
Bibliografie Baraitser, Michael en Anton Obholzer: Cape country furniture. Kaapstad: Struik, 1978. Burden, Matilda: Ou-Kaapse meubels. Studies in style. Stellenbosch: SUN Media, 2013.
Kategorie:Meubels