Oseane duimnael|Die Stille Oseaan duimnael|Die Atlantiese Oseaan duimnael|Die Indiese Oseaan Stille Oseaan – dit is die grootste oseaan, en lê wes van Noord- en Suid-Amerika Atlantiese Oseaan – Dit is die tweede grootste oseaan, en lê tussen Afrika en Europa aan die oostekant, en Noord- en Suid-Amerika aan die westekant Indiese Oseaan – Dit is die derde grootste oseaan Suidelike Oseaan – die watermassa wat die Antarktiese kontinent omring Arktiese Oseaan – dit is in die noordpoolstreek, en is die kleinste van die 5 oseane

Seë duimnael|279x279px|Die Karibbiese See duimnael|298x298px|Die Suid-Chinese See In die verskillende oseane, is daar kleiner baaie en seë, wat apart benoem is. Die lys hieronder wys hierdie baaie ens. aan, asook 'n aanduiding van waar hulle geleë is. Arabiese See – Die baai tussen Indië (oos) en Oman en Jemen (wes) Baffinbaai – geleë tussen Groenland en Baffineiland (Kanada) Baltiese See – die see omring deur Finland, Swede, Rusland, Estland, Letland, Litaue en Pole Beaufortsee – aan die noordkus van Kanada, wes van Bankseiland Bengaalse Baai – geleë oos van Indië, wes van Thailand en Myanmar Beringsee – Tussen Rusland en Alaska, suid van die landbrug Dooie See – In Israel Golf van Biskaje – die baai gevorm deur Frankryk en Spanje Golf van Mexiko – die see omring deur Mexiko, VSA en Kuba Hudsonbaai – geleë tussen Baffineiland en kontinentale Kanada Javasee – geleë tussen die eilande Java en Borneo Karibbiese See – die see tussen Suid-Amerika en die eilande Kuba, Hispaniola en Puerto Rico (noord) en, Guadeloupe en Barbados (oos) Kaspiese See – die binnelandse see tussen Iran (suid), Rusland en Kazakhstan (noord) en Turkmenistan (oos) Middellandse See – die see tussen Europa en Afrika Noordsee – die see tussen die Britse eilande en Noorweë Persiese Golf – die see tussen Iran en Saoedi-Arabië Rooi See – die see tussen Afrika en Saoedi-Arabië Sargasso-see – die see aan die ooskus van Amerika, noord van die Bahamas See van Japan/Oos See – geleë tussen Japan en die Asië Suid-Chinese See – geleë tussen China (noord), Filippyne (oos), Borneo (suid) en Viëtnam (wes) Swart See – see omring deur Turkye (suid), Oekraïne (noord) en Oos-Europese lande soos Roemenië aan die westekant Tasmansee – geleë tussen Australië en Nieu-Seeland

Mere duimnael|428x428px|Die Groot mere van Amerika. Groot Beremeer – in die noorde van Kanada Groot Slawemeer – in die noorde van Kanada Groot Soutmeer – In die staat Utah, VSA Bowemeer – een van die Groot mere in die VSA, tussen die VSA en Kanada Eriemeer – een van die Groot mere in die VSA, tussen die VSA en Kanada Huronmeer – een van die Groot mere in die VSA, tussen die VSA en Kanada Michiganmeer – een van die Groot mere in die VSA, tussen die VSA en Kanada Ontariomeer – een van die Groot mere in die VSA, tussen die VSA en Kanada Malawimeer – in Afrika Meer van die Woude – noord van Minnesota (VSA) Nipigonmeer – Kanada, noord van Superiormeer Okeechobeemeer – in Florida (VSA) Victoriameer – in Oos-Afrika, omring deur Kenia, Tanzanië en Uganda duimnael|426x426px|Die Malawimeer in Afrika Winnipegmeer – suide van Kanada

Kategorie:Waterliggame