Die 70ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 17-28 Mei 2017 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Spaanse regisseur en draaiboekskrywer Pedro Almodóvar was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie en die Italiaanse aktrise Monica Bellucci die aanbieder van die openings- en die afsluitingseremonie. Altesaam 46 rolprente en kortfilms is vertoon.
Die fees is geopen met die Franse regisseur Arnaud Desplechin se prent Ismael's Ghosts en afgesluit met The Square van die Sweedse regisseur Ruben Östlund. Laasgenoemde prent het ook die Palme d'Or gewen.
Die fees vier vanjaar sy 70ste herdenking. Laat in Maart 2017 is die amptelike plakkaat vir die fees, met die Italiaanse aktrise Claudia Cardinale op, bekend gestel.
Belangrikste pryse
Rolprent Regisseur Land Prys The Square Ruben Östlund Swede Palme d'Or 120 Beats per Minute Robin Campillo Frankryk Grand Prix Loveless Andrey Zvyagintsev Rusland Jurieprys A Man of Integrity Mohammad Rasoulof Iran Un Certain Regard Paul Is Here Valentina Maurel INSAS, België Cinéfondation Montparnasse Bienvenue Léonor Sérraille Frankryk, België Caméra d'Or A Gentle Night Qiu Yang China Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Sofia Coppola The Beguiled VSA Beste draaiboek Yorgos Lanthimos en Efthymis Filippou Lynne Ramsay The Killing of a Sacred Deer You Were Never Really Here Ierland, UK UK, VSA, Frankryk Beste akteur Joaquin Phoenix You Were Never Really Here UK, VSA, Frankryk Beste aktrise Diane Kruger In the Fade Duitsland 70ste Herdenkingsprys Nicole Kidman
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees