Malcolm Scott Carpenter (* 1 Mei 1925 – † 10 Oktober 2013) was 'n Amerikaanse vlootoffisier en vlieënier, toetsvlieënier, lugvaartingenieur, ruimtevaarder en skubaduiker. Hy is in April 1959 as deel van die Mercury Sewe-groep gekies. Hy was die tweede Amerikaner, na John Glenn, wat om die Aarde gewentel het met Mercury-Atlas 7 en die vierde Amerikaner in die ruimte, na Alan Shepard, Gus Grissom en John Glenn.

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kolonels Kategorie:Mercury-program Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2013