Anna Netrebko is 'n Russiese sopraan. Sy is in 2008 as 'n Kunstenaar van die Mense in Rusland aangewys. Sy is bekend vir haar vertolking van Liriese – en coloratura rolle, veral die rol van Donna Anna in Mozart se Don Giovanni en Violetta in Verdi se La traviata. Sy het later oorgeskakel na swaarder 19de-eeuse romantiese rolle, soos Leonora in Verdi se Il trovatore en die titelrol in die opera Macbeth. Sedert 2016 fokus sy op Verismo-repertorium. Sy is opgemerk nadat sy die rol van Donna Anna op die Salzburg-fees in 2002 vertolk het. Sy het daarna by toonaangewende operahuise opgetree, waaronder die Mariinsky-teater, waar sy haar loopbaan begin het.
Sy het verskeie toekennings ontvang en beskik oor 'n aansienlike diskografie wat hoofsaaklik onder Deutsche Grammophon opgeneem is. Sy het dubbele Russiese en Oostenrykse burgerskap en woon in Wene en New York Stad.
Vroeë lewe en opleiding Netrebko is gebore in Krasnodar in 'n gesin van Kosak oorsprong.Интервью с Анной Нетребко-Анна Нетребко: Я никогда не ходила по струнке. Татьяна Павловская, Краснодар. in Rossiyskaya Gazeta (in Russies), uitgawe no. 4070 gedateer 19 Mei 2006. Terwyl sy 'n student was aan die Saint Petersburg Konservatorium het Netrebko gewerk as 'n opsigter by Saint Petersburg se Mariinsky-teater. Tydens 'n latere onderhoud vir die Mariinsky-teater het die dirigent Waleri Gergijef haar herken vanweë haar vroeëre werk by die teater. Hy het gevolglik haar stemafrigter geword.
Loopbaan 1990's Onder leiding van Gergijef maak Netrebko haar opera verhoogdebuut by die Mariinsky op 22-jarige ouderdom as Susanna in Die huwelik van Figaro. Sy het vele prominente rolle saam met die operageselskap vertolk, waaronder Amina in La sonnambula, Pamina in Die Towerfluit, Rosina in die Il barbiere di Siviglia, en Lucia in Lucia di Lammermoor. In 1994 sing sy die Queen of the Night in Die Towerfluit onder leiding van die dirigent David Milnes saam met die Riga Onafhanklike Operageselskap Avangarda Akadēmija.Agelet de Saracibar, Carlos; "Anna Netrebko Performance Database". ANPD. September 2011."Anna Netrebko and Erwin Schrott will give a concert tour to Ukraine...". . Classissima. 2010-10-29. In 1995 het Netrebko op 24-jarige leeftyd haar Amerikaanse buiging gemaak as Lyudmila in Glinka se Ruslan en Lyudmila by die San Francisco Opera. Na hierdie suksesvolle opvoering het sy 'n gereelde gassanger in San Francisco geword. Sy is bekend as 'n bekroonde vertolker van ander Russiese operarolle, soos Natasha in Sergei Prokofiëf se Oorlog en Vrede, Louisa in Betrothal in a Monastery en Marfa in The Tsar's Bride. Netrebko was ook suksesvol in bel canto rolle asook romantiese rolle soos Gilda in Rigoletto, Mimì in La bohème, Giulietta in I Capuleti e i Montecchi, en Elvira in I puritani.
2000's In 2002 het Netrebko haar buiging gemaak by die Metropolitan Opera as Natasha tydens 'n opvoering van Oorlog en Vrede. In dieselfde jaar het sy vir die eerste keer die rol van Donna Anna gesing tydens die Salzburg-fees se produksie van Don Giovanni onder leiding van Nikolaus Harnoncourt.
In 2003 het Netrebko die rol van Violetta vertolk in Verdi se La traviata in München, die titelrol in Lucia di Lammermoor by die Los Angeles Operahuis, asook die rol van Donna Anna by Covent Garden se Royal Opera House. Haar tweede album getitel Sempre Libera is die volgende jaar vrygestel. Sy het later verskyn as Violetta in La traviata tydens die Salzburg-fees, gedirigeer deur Carlo Rizzi, en in 2008 het sy dieselfde rol vertolk tydens die openingsaand by die Royal Opera House tot luide applous, saam met Jonas Kaufmann en Dmitri Hvorostovsky, onder leiding van Maurizio Benini. Sy het egter drie opeenvolgende optredes gekanselleer weens 'n brongiale toestand. Dit was die tweede keer dat sy haar optredes by die Royal Opera House gekanselleer het, omrede sy die vorige somer weens 'n siekte aan sommige uitvoerings van Don Giovanni onttrek het. duimnael|200 px|Netrebko en Putin, 2004 Russiese Federasie Nasionale-prysOp 30 Mei 2007 het Netrebko haar Carnegie Hall buiging gemaak saam met Dmitri Hvorostovsky en die Orchestra of St. Luke's. Die opvoering was oorspronklik geskeduleer vir 2 Maart 2006, maar sy het dit uitgestel omdat sy op artistieke vlak haar nie gereed vir die rol gevoel het nie. Sy het op 8 September van die jaar verskyn tydens die Last Night of the Proms waar sy uittreksels uit La sonnambula en Giuditta opgevoer het, asook Morgen! deur Richard Strauss saam met Joshua Bell.In die herfs van 2007 het sy weer die rol van Juliette opgeneem in Roméo et Juliette by die Metropolitan Opera.
In Mei 2008 het sy haar langverwagte Paryse Opera debuut gemaak in I Capuleti e i Montecchi by die Opéra Bastille, met Joyce DiDonato as Romeo. Netrebko het in haar eerste optrede na haar kraamverlof Lucia gesing in Lucia di Lammermoor toe dit op 14 Januarie 2009 in die Mariinsky-teater in Sint-Petersburg geopen is, in 'n produksie bestaande uit die Scottish Opera onder leiding van John Doyle . Sy het daarna dieselfde rol in Januarie en Februarie 2009 by die Metropolitan Opera gesing. Netrebko het in die lente van 2009 verskyn as Giulietta in I Capuleti ei Montecchi by die Royal Opera House, en as Violetta in La traviata in Junie 2009 by die San Francisco Opera.
2010's duimnael|287x287px|Netrebko as Leonora in Alvis Hermanis se produksie van Il trovatore tydens die 2014 Salzburg-feesIn Oktober en November 2010 het sy die rol van Norina vertolk tydens 'n produksie van Don Pasquale by die Metropolitan Opera in New York onder James Levine. Op 2 April 2011 het sy die titelrol van Gaetano Donizetti se Anna Bolena vertolk by die Weense Staatsopera; die opeenvolgende opvoering op 5 April 2011 is lewendig uitgesaai in teaters regoor die wêreld. Op 7 Desember 2011 het sy die nuwe seisoen by La Scala in Milaan geopen, en sodoende haar buiging daar gemaak (as Donna Anna, tydens 'n opvoering van Don Giovanni). Sy is uitgelese in die opsig dat sy uitgenooi is om te verskyn in drie opeenvolgende openingsaand-produksies by die Metropolitan Opera, naamlik: Anna Bolena in 2011, L'elisir d'amore in 2012 en Eugene Onegin in 2013. Haar optrede as Lady Macbeth in die Metropolitan se 2014 produksie van Macbeth (te wete 'n herlewing van Adrian Noble se 2007 produksie daarvan) het kritiese lof ontvang en getoon dat haar stem steeds uitbrei wat betref die omvang en volume daarvan. Sy het die volgende jaar haar uitbreiding na swaarder Verdi-rolle by die Met voortgesit, en die rol van Leonora in Il trovatora vertolk.
In Desember 2014 het sy langs Oleg Tsaryov verskyn met 'n vlag van die selfverklaarde konfederasie Novorossiya in Oekraïne, en 'n tjek van $ 19.000 aan Tsarov gegee met die vermelding dat sy 'n skenking aan die opera- en ballet-teater van Donetsk maak.
Netrebko het in April 2016 aangekondig dat sy weens die veranderings in haar stem aan die Royal Opera House se 2016/2017 produksies van Bellini se Norma onttrek, asook aan die Metropolitan Opera se 2017/18 seisoen. Die rolle is vertolk deur respektiewelik Sonya Yoncheva en Sondra Radvanovsky.
Sy het in 2017 verskeie debuutrolle vertolk, insluitende die rol van Adriana Lecouvreur by die Mariinsky Teater in Junie, die titelrol van Aida tydens die Salzburg-fees in Augustus, en Maddalena in Andrea Chénier by La Scala in Desember. In April 2018 het sy gedebuteer as Tosca by die Metropolitan Opera. Sy het ook op 31 Mei van dieselfde jaar deelgeneem aan die Summer Night Concert Schönbrunn.
Gasverskynings Netrebko het 'n kamee verskyning as haarself gemaak in die rolprent The Princess Diaries 2: Royal Engagement.
Sy is uitgenooi na die 2004, 2007, en 2019 Weense Opera-Bal.
In Desember 2007 is Netrebko uitgenooi om eerbewyse aan Martin Scorsese te bring tydens die 30ste jaarlikse Kennedy Center Honors. Sy het die Puccini aria "O mio babbino caro" opgevoer.
Sy was 'n deelnemer aan 'n galakonsert tydens die opening van die Tweede Verhoog van die Mariinsky-teater op 2 Mei 2013. Sy is uitgenooi om die Olimpiese lied in Russies te sing tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2014.
Sy het op respektiewelik 13 Junie en 14 Julie opgetree tydens galakonserte by die Rooiplein en die Bolshoi-teater, onderskeidelik tydens die opening en sluiting van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018. Op 8 September 2018 het sy verskyn tydens die inhuldigingskonsert van die Zaryadye Konsertsaal in Moskou, wat uitgesaai is op Medici.tv. Sy het ook verskyn tydens die openingseremonie van die Europese Spele in Minsk op 21 Junie 2019 en het die eerste konsertseisoen van die Kongres-saal by die Yekaterinburg Ekspo op 30 Augustus 2019 ingehul.
Diskografie Volledige opera Video opnames