Gwede Mantashe (gebore 21 Junie 1955) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en sedert 18 Desember 2017 voorsitter van die African National Congress. Tussen 2007 en 2017 het hy as dié party se sekretaris-generaal gedien.
Einde Februarie 2018 is hy deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Minerale Hulpbronne benoem. Op 3 Julie 2024 word sy portefeulje na Minister van Minerale en Petroleum-hulpbronne hernoem.
Hernubare energie Minister Mantashe is bekritiseer vanweë sy houding teenoor die aanwending van hernubare energie, soos windenergie en sonselle. Op die Energie-indaba van Maart 2023 is teen sy houding betoog en hy het verklaar dat 'dit ons nie sal kan red nie' en dat steenkool nog jare lank die energiebron van Suid-Afrika sal bly. In Julie 2023 het hy geweier om 'n verklaring te onderteken met die Nederlandse en Deense ministers wat na Suid-Afrika gekom het vir 'n belegging van VS$1 miljard in groen waterstof.
Orania
Tydens die 2025 Vryheidsdagvieringe in Ermelo, Mpumalanga, het hy gesê dat as hy die president van Suid-Afrika was, hy swart mense sou aanmoedig om in Orania te gaan bou.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Xhosas Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse vakbondleiers Kategorie:Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika