Edyth Bulbring was ’n Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer. Haar boeke sluit in "Pops & The Nearly Dead" en "The Club", asook romans vir jong volwassenes, onder andere "The Summer of Toffie and Grummer" en "Cornelia Button and the Globe of Gamagion". Haar romans "Melly, Mrs Ho and Me" en "Melly, Fatty and Me" is in 2013 deur Hot Key Books in die Verenigde Koninkryk uitgegee. Laasgenoemde boek is in 2012 met die Percy Fitzpatrick-prys vir jeugliteratuur bekroon.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Bulbring is in Boksburg gebore en het in Port Elizabeth grootgeword. Ná haar studies aan die Universiteit van Kaapstad was sy joernalis en politieke korrespondent vir The Sunday Times. Sy het laastens in Johannesburg gewoon, waar sy voltyds geskryf het.Profiel op nb.co.za , besoek op 13 Mei 2017
Bibleografie Snitch, Tafelberg, Mei 2016 The Mark, Tafelberg, September 2014 Melly, Fatty and Me, Penguin, September 2011 Melly, Mrs Ho and Me, Penguin, September 2010 Pops and The Nearly Dead, Penguin, Maart 2010 The Club, Jonathan Ball Uitgewers, September 2008 Cornelia Button and the Globe of Gamagion, Jacana, April 2008 The Summer of Toffie and Grummer, Oxford University Press, Februarie 2008
Verwysings
Eksterne skakels Bulbring se webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers