In die mediese vakterminologie verwys maaguitgangsvernouing (of pilorostenose) na die geleidelike afsluiting van die maaguitgang deur skrompeling van ontstekingsweefsel of kanker.
Dit veroorsaak 'n opgeswelde maag, braking en slegte algemene voedingstoestand. By jong babas kom dit soms voor deur die verdikking van die sluitspier.
Kategorie:Mediese vakbegrip Kategorie:Siektes