Die Pilanesberg Internasionale Lughawe‏‎ is langs die Pilanesberg Wildreservaat, ongeveer 11 km oos van Sun City geleë. Dit het in 2002 internasionale status gekry.

Fasiliteite Die lughawe lê op 'n hoogte van 1 040 meter (3 412 voet) bo seevlak. Dit beskik slegs oor een aanloopbaan, aangewys as 05/23, met 'n geteerde oppervlakte van 2 750 m lank en 30 m breed.

Verwysings

Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika