Charles Moss "Charlie" Duke Jr. (3 Oktober 1935 - ; Brigadier-Generaal, Amerikaanse Lugmag) is 'n Amerikaanse ingenieur, afgetrede offisier in die Amerikaanse Lugmag, toetsvlieënier en voormalige ruimteman van Nasa. Hy was die vlieënier van die maanmodule vir Apollo 16 en die tiende en jongste persoon wat op die maan geloop het. Hy is gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5. duimnael|links|Charles Duke neem gesteentemonsters teen die rand van die Plumkrater duimnael|links|Charles Duke groet op 21 April 1972 die Amerikaanse vlag op die maan duimnael|links|Die familiefoto wat Charles Duke op die maan agtergelaat het nadat hy sy seuns belowe het om hulle na die maan saam te neem. Drie maankraters is genoem na sy twee seuns Charles en Thomas (Tom) en sy vrou Dorothy (Dotty). Op die agterkant het Duke 'n verklarende teks geskryf: "This is the family of astronaut Charlie Duke from planet Earth who landed on the moon on April 20, 1972." Duke het 'n foto van sy gesin op die maan agtergelaat.
Lewe Duke, 'n boorling van Charlotte, Noord-Carolina, het in in Lancaster, Suid-Carolina groot geword. In 1957 het hy sy akademiese opleiding by die Amerikaanse Vloot voltooi en sewe jaar later, in 1964, sy meestersgraad, die Masters in Aeronautics & Astronautics, aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT) behaal. Een jaar later het sy opleiding by die Amerikaanse Lugmag se Toetsvlieënierskool (U.S. Air Force Test Pilot School) voltooi as die beginpunt van sy loopbaan as ruimtevaarder.
Sien ook Mense wat op die maan geloop het
Eksterne skakels Wiki-webtuistes
Amptelike webtuiste
Amptelike webwerf Billy Graham Evangelistic Association
Charlie Duke's Meaningful Walk Internet-rolprentdatabasis
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Generaals Kategorie:Mense wat op die maan geloop het Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Lewende mense