Kaptein John Watts Young (* 24 September 1930 – † 5 Januarie 2018) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, vlootoffisier, vlieënier, toetsvlieënier en lugvaartingenieur. Hy is die negende persoon wat op die Maan geloop het as bevelvoerder van die Apollo 16-missie in 1972.
Hy het die langste loopbaan as 'n ruimteman gehad, altesaam 42 jaar van aktiewe diens vir Nasa. Hy is die enigste persoon wat in vier klasse van ruimtetuie gevlieg het, naamlik die Gemini-program in Gemini 3 en Gemini 10, die Apollo-beheermodule, die Apollo-maanmodule en die ruimtependeltuig, en ook die bevelvoerder was.
Sien ook Mense wat op die maan geloop het Ruimtevaardergroep 2
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kapteins Kategorie:Mense wat op die maan geloop het Kategorie:Apollo-program Kategorie:Gemini-program Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2018