David Randolph "Dave" Scott (6 Junie 1932 - ), (Kol, Amerikaanse Lugmag, afgetree), is 'n Amerikaanse ingenieur, afgetrede Amerikaanse Lugmagoffisier, voormalige toetsvlieënier en Nasa-ruimteman. Hy is deel van die derde groep Nasa-ruimtemanne; gekeur in Oktober 1963. Hy is die sewende persoon wat op die maan geloop het as deel van die Apollo 15-missie. Hy is die eerste persoon wat 'n voertuig op die maan bestuur het. Scott was ook deel van die Gemini 8 en Apollo 9-missies.
Sien ook Mense wat op die maan geloop het
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kolonels Kategorie:Mense wat op die maan geloop het Kategorie:Gemini-program Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Lewende mense