Roman Jakobson het ses taalfunksies (of kommunikasiefunksies) geïdentifiseer waarvolgens effektiewe verbale kommunikasie beskryf kan word.Waugh, Linda (1980), "The Poetic Function in the Theory of Roman Jakobson", Poetics Today Elkeen van die funksies het 'n verwante faktor. Jakobson se werk is deur Karl Bühler se Organon-Model beïnvloed, wat hy vervolgens met die poëtiese, fatiese en metalinguistiese funksies uitgebrei het. regs|duimnael|Die ses faktore van effektiewe verbale kommunikasie. Elkeen stem ooreen met 'n kommunikasiefaktor (wat nie hier uitgebeeld word nie).Middleton, Richard (1990/2002).
Die ses taalfunksies 1. Die Verwysende Funksie stem ooreen met die Konteks-faktor en beskryf 'n situasie, voorwerp of geestestoestand. Die beskrywende stellings van die verwysende funksie kan uit definitiewe beskrywings sowel as deiktiese woorde (bv. "Al die herfsblare het nou geval.") bestaan. 2. Die Poëtiese Funksie fokus op "die boodskap ter wille van die boodskap self"Duranti 1997 (die kode self, en hoe dit gebruik word) en is die werksame funksie in poësie sowel as slagspreuke. 3. Die Emotiewe (ook bekend as "Ekspressiewe" of "Affektiewe") Funksie hou verband met die Adresseerder (sender) en word deur tussenwerpsels en ander klankveranderinge gekenmerk wat nie die denotatiewe betekenis verander nie, maar wel inligting oor die Adresseerder (spreker) se stemming verklap, bv.: "Sjoe, wat 'n uitsig!" 4. Die Konatiewe Funksie betrek die Geadresseerde (ontvanger) direk en word veral deur vokatiewe en imperatiewe geïllustreer, bv. "Tom! Kom in en eet!" 5. Die Fatiese funksie is taal ter wille van interaksie en word dus met die Kontak-/Kanaalfaktor geassosieer. Die Fatiese funksie word in begroetings en informele besprekings van die weer waargeneem, veral met vreemdelinge. Dit verskaf ook sleutels om die kommunikasiekanaal te open, in stand te hou, te bevestig of af te sluit. "Hallo?" "OK?", "Ummm", "Totsiens"... 6. Die Metalinguistiese (ook bekend as meta-taal-) funksie is die gebruik van taal om die taal (wat Jakobson "Kode" noem) self te bespreek of te beskryf.
Verwysings
Eksterne skakels Roman Jakobson Closing statements: Linguistics and Poetics, Style in language, T.A. Sebeok, New-York, 1960. Louis Hébert The Functions of Language
Kategorie:Inligting Kategorie:Taalkunde