James Benson "Jim" Irwin (* 17 Maart 1930 – † 8 Augustus 1991; kolonel) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en 'n vlieënier in die Amerikaanse Lugmag. Hy is gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5 en was die maanmodulevlieënier vir Apollo 15, wat die vierde maanlanding uitgevoer het.
Irwin was die agste persoon wat op die Maan geloop het en die eerste van die twaalf wat tot sterwe gekom het. Hy sterf in 1991 na 'n reeks afsonderlike hartaanvalle wat hy meestal weens inspanning tydens sportbeoefening opgedoen het.
Sien ook Mense wat op die maan geloop het
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kolonels Kategorie:Mense wat op die maan geloop het Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 1991