Voor 1994 is immigrante onderwerp aan diskriminasie en selfs geweld in Suid-Afrika. Na die oorgang na 'n meerderheidsregering in 1994 het die voorkoms van xenofobie (ook genoem vreemdelingehaat) teen die verwagtinge in selfs toegeneem.From 'Foreign Natives' to 'Native Foreigners': Explaining Xenophobia in Post-Apartheid South Africa, Michael Neocosmos, CODESRIA, Dakar, 2010 Tussen 2000 en Maart 2008 het 67 mense in xenofobiese aanvalle gesterf. In Mei 2008 is 62 mense in aanvalle dood, hoewel 21 van diegene wat dood is, Suid-Afrikaanse burgers was. Die aanvalle was blykbaar weens xenofobie.See L.B. Landau (ed), 2011. In 2015 het nog 'n landwye oplewing in xenofobiese aanvalle daartoe gelei dat 'n aantal buitelandse regerings begin het om hul burgers te repatrieer.

Xenofobie in Suid-Afrika voor 2012

Aanvalle teen Mosambiekse en Kongolese immigrante Tussen 1984 en die einde van vyandighede in hul land, het 'n geraamde 50,000 tot 350,000 Mosambiekers na Suid-Afrika gevlug. Hoewel daar nooit vlugteling-status aan hulle toegeken is nie, kon hulle in die swart tuislande bly wat die apartheidregering geskep het. Dit het nie oral dieselfde verloop nie. Die Lebowa-tuisland het Mosambiekse setlaars onvoorwaardelik verban, terwyl Gazankulu die vlugtelinge verwelkom het deur aan hulle grond en toerusting te gee. Diegene in Gazankulu was egter beperk tot die tuisland en kon in hegtenis geneem word as hulle Suid-Afrika sou binnekom.

Onrus en burgeroorlog het daartoe gelei dat baie Kongolese immigrante in 1993 en 1997 na Suid-Afrika gekom het, van wie baie onwettig was. Studies toon dat daar toe al xenofobiese houdings teenoor die vlugtelinge was, soos dat hulle glo gesondheidsorg geweier is waarop hulle tegnies geregtig was.

Xenofobie in Suid-Afrika na 1994 Ondanks 'n tekort aan vergelykbare data, lyk dit of xenofobie aansienlik toegeneem het na die instelling van 'n demokratiese regering in 1994.From 'Foreign Natives' to 'Native Foreigners': Explaining Xenophobia in Post-Apartheid South Africa, Michael Neocosmos, CODESRIA, Dakar, 2010 'n Studie van 2004 deur die Suid-Afrikaanse Migranteprojek lui:Die ANC-regering – in sy pogings om die skeidings van die verlede te oorkom en nuwe vorms van sosiale samehorigheid te skep – het 'n aggressiewe en inklusiewe nasiebouprojek begin. Een onverwagte neweproduk hiervan was onverdraagsaamheid teenoor buitestanders... Geweld teenoor buitelandse burgers en Afrika-vlugtelinge het al hoe meer toegeneem en gemeenskappe word geskei deur vyandigheid en agterdog.Die studie was gegrond op opnames onder burgers van lidlande van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en het bevind dat Suid-Afrikaners die sterkste teenbuitelander-gevoel het, met 21% van Suid-Afrikaners wat ten gunste van 'n volledige verbod op toegang vir buitelanders is en 64% ten gunste van streng beperkings op die aantal wat toegelaat word. In teenstelling daarmee was 10% van die ondervraagdes van die buurlande Namibië en Botswana ten gunste van 'n volledige verbod op buitelanders. Buitelanders en die Suid-Afrikaanse Polisiediens duimnael|'n Vlugteling van Burundi in 'n tydelike skuiling omdat sy te bang is om weer in die Suid-Afrikaanse gemeenskap opgeneem te word, in 2009. 'n Studie van 2004 deur die Sentrum vir die Bestudering van Geweld en Versoening oor die houdings van polisiemanne in die Johannesburgse gebied het bevind dat 87% ondervraagdes geglo het dat die meeste immigrante sonder dokumente in Johannesburg by misdaad betrokke is, al is daar geen statistiese getuienis om die persepsie te staaf nie.

In 'n vergadering in Maart 2007 met die minister van binnelandse sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het 'n verteenwoordiger van Burundiese vlugtelinge beweer dat immigrante in Durban nie op die beskerming van die polisie kan staatmaak nie. Hulle het daarenteen gevind dat die polisie hulle mishandel, van hulle steel en ongegronde beskuldigings teen hulle maak dat hulle dwelms verkoop. Twee jaar vroeër, by 'n soortgelyke vergadering in Johannesburg, het Mapisa-Nqakula erken dat vlugtelinge deur polisielede met xenofobiese sienswyses mishandel is.

Geweld voor Mei 2008 Volgens 'n verslag van die Menseregtewag van 1998 is immigrante van Malawi, Zimbabwe en Mosambiek in die Alexandra-township "fisies aangeval oor die bestek van etlike weke in Januarie 1995, met gewapende bendes wat vermoedelik ongedokumenteerde migrante uitgewys het en hulle na die polisiestasie geneem het in 'n poging om die township 'skoon te maak van buitelanders' ". Die veldtog, wat bekend gestaan het as "Buyelekhaya" (gaan terug huis toe), het buitelanders van misdaad, werkloosheid en seksuele aanvalle beskuldig.

In September 1998 is 'n Mosambieker en twee Senegalese uit 'n trein gegooi. Die aanval was deur 'n groep mense wat op pad terug was van 'n saamtrek wat buitelanders die skuld gegee het vir werkloosheid, en beskuldig het van misdaad en die verspreiding van vigs.

In 2000 is sewe buitelanders op die Kaapse Vlakte oor 'n tydperk van vyf weke vermoor, wat die polisie gesê het xenofobiese moorde was.

In Oktober 2001 het inwoners van die Zandspruit- informele nedersetting Zimbabwiërs 10 dae gegee om die area te verlaat. Toe die buitelanders dit nie doen nie, is hulle met geweld verwyder en hul krothuise afgebrand. Daar was geen beserings onder die Zimbabwiërs nie.

In Augustus 2006 het Somaliese vlugtelinge gevra vir beskerming nadat 21 Somaliese winkeleienaars in Julie vermoor is en nog 26 in Augustus. Die immigrante het gesê die aanvalle was xenofobies, maar die polisie het ontken dat dit 'n veldtog was om Somaliese handelaars uit die Wes-Kaap te verdryf.

Aanvalle op buitelanders het einde 2007 weer toegeneem en daar was ten minste 'n dosyn aanvalle tussen Januarie en Mei 2008. Die ergste voorvalle was op 8 Januarie 2008 toe twee Somaliese winkeleienaars in die Oos-Kaapse dorp Jeffreysbaai en die stad Oos-Londen vermoor is, asook in Maart 2008 toe sewe mense vermoor is nadat hul winkels en pondokke in Atteridgeville in Pretoria aan die brand gesteek is.

Onluste in Mei 2008

Verspreiding van geweld Op 12 Mei 2008 het 'n reeks onluste in die township Alexandra (in die noordoostelike deel van Johannesburg) uitgebreek toe plaaslike inwoners migrante van Mosambiek, Malawi en Zimbabwe aangeval het en twee mense vermoor en 40 ander beseer het. Sommige aanvallers het glo Jacob Zuma se verkiesingslied Umshini Wami (Zoeloe: "'Bring my masjiengeweer") gesing.

In die daaropvolgende weke het die geweld versprei, eers na ander nedersettings in die Gauteng-provinsie en daarna na die kusstede Durban en Kaapstad.

Altesame 62 mense het gesterf, etlike honderde is beseer, baie immigrante het na hul lande van herkoms gevlug en baie eiendomme is beskadig.

Daar was glo ook aanvalle in die Suid-Kaap, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat.

Oorsake 'n Verslag deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing noem vier algemene oorsake vir die geweld: Relatiewe ontneming, veral wat betref mededinging vir werk, kommoditeite en behuising; Groepprosesse, insluitend sielkundige kategorisering wat nasionalisties eerder as oorkoepelend is;Kamau, C. & Rutland, A. (2008) A quasi-experiment on the effects of superordinate categorization on liking of people from other nations. Suid-Afrikaanse uitsonderlikheid, of 'n gevoel van meerderwaardigheid teenoor ander Afrikane; en Eksklusiewe burgerskap, of 'n vorm van nasionalisme wat ander uitsluit. 'n Daaropvolgende verslag, "Towards Tolerance, Law and Dignity: Addressing Violence against Foreign Nationals in South Africa", wat die Internasionale Organisasie vir Migrasie laat opstel het, het bevind dat swak dienslewering of 'n invloei van buitelanders bydraende faktore was, maar het township-politiek die skuld vir die aanvalle gegee. Die verslag het ook bevind dat gemeenskapsleierskap winsgewend kan wees vir werklose mense, en dat dié leiers die aanvalle gereël het.

Nadraai 1400 verdagtes is in verband met die geweld in hegtenis geneem. Nege maande na die aanvalle is 128 individue skuldig bevind en 30 onskuldig bevind in 105 hofsake. 208 sake is teruggetrek en 156 was nog aan die gang.

Een jaar na die aanvalle het aanklaers gesê 137 mense is skuldig bevind, 182 sake is teruggetrek omdat ooggetuies of klaers die land verlaat het, 51 sake moes nog plaasvind en 82 is verwys vir verdere ondersoek.

Vlugtelingkampe en die herintegrasievraagstuk duimnael|Tente van die Verenigde Nasies in 'n vlugtelingkamp in Olifantsfontein, Midrand, Johannesburg. Nadat diegene wat van die geweld ontvlug het vir drie weke in tydelike plekke geskuil het (insluitend polisiestasies en gemeenskapsale), is hulle na tydelike kampe geneem.

Die Suid-Afrikaanse regering het 'n beleid aanvaar dat die vlugtelinge herintegreer word in hul gemeenskappe of dat hulle terugkeer na hul lande van herkoms en het 'n sperdatum van Julie 2008 daarvoor vasgestel. Daarna het die regering gesê die vlugtelinge sal nie gedwing word om na hul gemeenskappe terug te keer nie en dat die slagoffers ook nie gedeporteer sal word nie, al blyk hulle onwettige immigrante te wees.

Aanvalle van 2009 tot 2012 duimnael|'n Anti-xenofobiese optog op Mandeladag in 2010 in Kaapstad. Teen einde Mei 2009 was daar berigte dat xenofobiese aktiwiteite toegeneem het en dat aanvalle in die Wes-Kaap gereël word. Verslae van dreigemente en geheime vergaderings deur plaaslike sakemanne het in Gugulethu, Khayelitsha en Philippi in Kaapstad voorgekom. Samora Machel in Philippi was weer eens 'n brandpunt.

In November 2009 is 'n gemeenskap van tussen 1500 en 2500 Zimbabwiese plaaswerkers uit hul huise in De Doorns, 'n druifboerderydorp in die Wes-Kaap, gesit. Niemand is fisies aangeval nie, maar huise is vernietig en geplunder en het gelei tot die grootste verskuiwing van buitelandse burgers sedert Mei 2008.(Misago, JP. (2009) Violence, Labour and the Displacement of Zimbabweans in De Doorns, Western Cape.

Aanvalle van 2013 tot 2017

Aanvalle teen Somaliese entrepreneurs duimnael|'n Anti-xenofobie-plakkaat in Harold Cressy High School, Kaapstad, 2014. Op 30 Mei 2013 is die 25-jarige Abdi Nasir Mahmoud Good dood gestenig. Die geweld is op 'n selfoon opgeneem en op die internet versprei.

Drie Somaliese winkeleienaars is in Junie 2013 vermoor en die Somaliese regering het die Suid-Afrikaanse owerhede gevra om hul burgers te beskerm. Onder die wat vermoor is, was twee broers wat glo doodgekap is. Die aanvalle het gelei tot openbare protes en Somaliese diaspora het betogings gehou in Kaapstad, Londen en Minneapolis.

Die Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake, Maite Nkoana-Mashabane, het die regering se "sterkste veroordeling" van die aanvalle uitgespreek na die dood van nog 'n Somaliese winkeleienaar. Somalië se eerste minister, Abdi Farah Shirdon, het die Suid-Afrikaanse regering gevra om in te gryp na dodelike aanvalle in Pretoria en Port Elizabeth.

Op 7 Junie 2014 is 'n Somaliese burger dood gestenig en twee ander ernstig beseer toe 'n woedende skare hul winkel aangeval het. Nog drie Somaliërs is gewond en hul winkels geplunder.

Na nog xenofobiese aanvalle teen Somaliese entrepreneurs in April 2015 het die Somaliese regering aangekondig dat hy sy burgers uit Suid-Afrika sal verwyder.

April 2015-aanvalle duimnael|'n Optog teen xenofobie in Johannesburg op 23 April 2015. In April 2015 was daar 'n vlaag van aanvalle oor die land heen. Die aanvalle het in Durban begin en na Johannesburg versprei. Die Zoeloekoning, Goodwill Zwelithini, is daarvan beskuldig dat hy die aanvalle aangespoor het deur te sê buitelanders moet "teruggaan na hul lande toe".