Denis Villeneuve ([dəni vilnœv]; * 3 Oktober 1967 in Gentilly (tans Bécancour), provinsie QuebecLe Soleil, 26 Februarie 2011: Denis Villeneuve: de Gentilly à Hollywood. Besoek op 11 Mei 2017) is 'n Frans-Kanadese rolprentregisseur en draaiboekskrywer. Drie van sy prente is met die Genie-filmprys vir beste regie bekroon wat tussen 1980 en 2012 deur die Academy of Canadian Cinema and Television / Académie canadienne du cinéma et de la télévision toegeken is: Maelström (2001), Polytechnique (2010) en Incendies (2011). Al drie prente het ook die Akademie se prys as beste rolprent gewen.
Internasionale bekendheid het Villeneuve veral met sy misdaadrillers verwerf, waaronder Prisoners (2013) en Sicario (2015), en die wetenskapsfiksie-drama Arrival (2016). Die laasgenoemde is genomineer vir agt Oscars, waaronder dié vir beste prent en beste regisseur. Sy grootste projek ooit sal Blade Runner 2049 wees, die opvolgprent van Ridley Scott se tech noir-wetenskapsfiksie-rolprent Blade Runner.The Guardian, 8 Mei 2017: Blade Runner 2049: Ryan Gosling meets Harrison Ford in action-packed trailer. Besoek op 16 Mei 2017
Verwysings
Kategorie:Kanadese rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense