"Vader Jakob" is die Afrikaanse weergawe van die oorspronklike Franse kinderliedjie "Frère Jacques" (Engels: "Brother John"; Duits: "Meister Jakob"). Dit is nie bekend wie die woorde in Afrikaans vertaal het nie.

Dit gaan oor ’n monnik wat verslaap het en aangespoor word om wakker te word en die kerkklok te gaan lui.

Liriek

Die oorspronklike Franse woorde is:

Die Afrikaanse vertaling (nes dié in ander tale) mis die punt van die liedjie, en dit is dat die klok nie lui nie, want vader Jakob is die een wat dit moet doen en hy slaap nog.David S. Landes, The wealth and poverty of nations, W.W. Norton, NY, Londen, 1998, p. 48 Daarom maak iemand hom met die liedjie wakker.

Teorieë oor die oorsprong Daar is vele teorieë oor die oorsprong van die liedjie. ’n Moontlike verband tussen "Frère Jacques" en die 17de-eeuse litotomis Frère Jacques BeaulieuJacques BAULOTUn célèbre lithotomiste franc-comtois : Jacques Baulot dit Frère Jacques (1651–1720), E. Bourdin, Besançon, 1917) word genoem deur onder andere Irvine Loudon,Western Medicine, Irvine Loudon, Oxford University Press, 1 Desember 2001, maar geen bewyse kan daarvoor gevind word nie.

Francesca Draughon en Raymond Knapp meen "Frère Jacques" was oorspronklik ’n liedjie om Jode, Protestante of Martin Luther mee te tart.Mahler and the Crisis of Jewish Identity deur Francesca Draughon en Raymond Knapp, ECHO volume III, uitg. 2 (Herfs 2001) Martine David en A. Marie Delrieu stel voor die liedjie is geskep om te spot met Dominikaanse monnike, in Frankryk bekend as die Jakobyne, vir hul luiheid en gemaklike lewenswyse.Refrains d'enfants, histoire de 60 chansons populaires, Martine David, A. Marie Delrieu, Herscher, 1988.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is deels uit die Engelse Wikipedia vertaal

Kategorie:Afrikaanse volksmusiek